Wildekrans Rotary MTB Adventure (Afrikaans)

Ooms
Ooms (Komedie)
June 23, 2015
Magda Louw
Magda Louw (Komedie)
June 11, 2016

Wildekrans Rotary MTB Adventure (Afrikaans)

Hermanus-Kalfiefees

Die Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Saterdag 12 Augustus 2017. Dié aktiwiteit word vanaf vanjaar ingesluit by die program van die Hermanus Times Kalfiefees. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word.

Die doel van hierdie  aktiwiteit is om ‘n nie- te-mededingende bergfietsgeleentheid van 35 kilometer vir entoesiaste aan te bied. Die roete is ‘n unieke roete op Wildekrans wat ‘n ongelooflike pad deur die pragtige omgewing sal neem. Sekere dele van die roete is pasgemaak vir hierdie geleentheid en sal vir die eerste keer gebruik word. Twee verdere roetes van onderskeidelik 5km en 10 km word vir kinders aangebied sodat die jongelinge en ander familielede ook hulle vaardighede kan kom toets.

Die geleentheid beloof hope vermaak en opwinding vir die hele gesin en is ‘n geleentheid wat nie gemis mag word nie.