Vrouedagviering saam met Jakkie Lou

kalfiefees-hermanus.co.za
Corlea Botha
June 18, 2015
kalfiefees-hermanus
Stellenbosch Universiteitskoor
June 12, 2016

Vrouedagviering saam met Jakkie Lou

kalfiefees-hermanus.co.za

“ ’n Vrou het baie woorde, dit rol soos ’n tolbos akkoorde . . . ’n Vrou wil dit hoor, dan kan jy met haar hart en siel toor . . . ’n Vrou wil nie oor iets raai . . . Woorde moet net oor haar siel waai . . . Op Vrouedag by die Kalfiefees . . . word ‘Eenmiljoenwoorde’ vir jou gelees . . .”

Daar word altyd spottenderwys gesê ’n vrou se woorde is onbeperk, maar ook dat ’n vrou dit wil hoor. Ons is emosionele wonders wat aan ander se hart en siele wil raak en hoe dan anders as met woorde.

Kom vier die 18de Kalfiefees-vrouedag saam met ons! Dit gaan een van die hoogtepunte op die fees se program wees. Kom ontmoet en verluister jou aan Jakkie Louw en wat hy vir jou in “Eenmiljoenwoorde” wil sê.

Bring jou vriendinne saam en kom vier vrouwees in al sy fasette. Vergeet ’n oomblik van al die sleurtakies, trek jou mooiste rok en polvye aan.

Sit ’n hoed op jou kop en lipstiffie aan jou lippe. Hang iets om jou nek uit vervloë dae en kom wees net vrou.

By The Classroom-restaurant sal elke vrou in styl ontvang word en met heerlike happies en vermaak bederf word.
Geborg deur: RealNet en Betterlife

Donderdag 9 Augustus om 10:00
The Classroom-restaurant
120 min.
R200