“Die vrou dra ‘n diamant in haar hart, wat in duisend weerkaatsings vertak.
Sy verlig die soms somber lewe, in ’n kaleidoskoop van kleure.
Die patroon veilig in haar binneste bewaar. Kyk
vlugtig – dalk sal jy haar vlerke gewaar…”
Vlindervrou is ’n kunservaring waar musiek en
digkuns vrouwees vier.
Dit word aangebied deur twee vriendinne wat
hul kunsvorms saamsmelt om ‘n unieke vertoning
te lewer. Nadine Claasen en Anneline Hugo
Twee plaaslike dames. Nadine Claasen skryf
gedigte en Anneline Hugo maak musiek.
(Ontbyt met ‘n glas sjampanje is ingesluit.)
Vrydag, 24 September – 10:00
The Wine Glass, Harbour Road, Hermanus
R195
Geskenk pakkies geborg deur The Real You
120 min