Valiant Swart

Dudley_Coetzee
Boodskap van die Burgemeester
June 19, 2016
Kalfiefees 2021
HOLMRUGGERY
June 7, 2018

Valiant Swart

Kalfiefees 2021

Op Saterdag, 25 September bring Valiant Swart sy kitaar en sy liedjies en stories na die Ouditorium vir ‘n eenmalige optrede. Valiant is ‘n veteraan van meer as drie dekades op die SA musiektoneel met duisende optredes en langpad-myle op sy kerfstok. As sanger en kitaarspeler en die komponis van treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ en talle ander, het hy reeds sewentien albums vrygestel en vele toekennings ingepalm. Sy rol as ‘Jinx’ in kykNet se eerste dramareeks ‘Song vir Katryn’ is landwyd bekend; so ook sy SAMA-wenner albums saam met Ollie Viljoen, en sy epiese Mississippi Blues reisreeks vir kykNet, ‘Veertig Dae Deur Die Delta’.
Valiant se gewilde eenmanvertoning met net sy akoestiese kitaar en sy bekfluitjie, is landwyd bekend.Stories en liedjies, van vrolik tot hartseer, word aangebied op ‘n manier wat die gehoor saamneem op ‘n reis deur die avonture van ‘n deurwinterde troebadoer.

Saterdag, 25 September – 17:00
Ouditorium
R150

Booking_Button