Koos Kombuis

Kalfiefees 2021
Boodskap van die voorsitter
June 18, 2016

Koos Kombuis

Koos_Kombuis

Natuurlik het Koos Kombuis geen bekendstelling nodig nie. Hy is nog presies dieselfde kunstenaar wat dekades lank al Suid-Afrikaanse gehore bekoor met liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Johnny is nie Dood nie”. Alles is nog daar: die bottel rooiwyn, die blou skoene, die bandana en die akoestiese kitaar.

Al verskil is dat hy nou ‘n paar nuwe staaltjies het om te vertel, ‘n paar nuwe liedjies, en hier is die verrassing: hy het tydens die grendeltyd ook leer bekfluitjie speel.
Bob Dylan klink nou amper soos hy!

Moenie hierdie kans misloop om die nuwe-ou Koos te sien optree nie.

Vrydag, 24 September – 18:00
De Wetsaal – R150
Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase.
EN
Saterdag, 25 September – 10:00
De Wetsaal – R150
Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase.

Booking_Button