Openingsaand Shhhhhh met Coenie de Villiers

kalfiefees-hermanus
Stellenbosch Universiteitskoor
June 12, 2016
kalfiefees-hermanus
Baie welkom Kalfiefeesgenote!
June 18, 2016

Openingsaand Shhhhhh met Coenie de Villiers

kalfiefees-hermanus.co.za

Coenie de Villiers se nuutste versameling liedere is stil en suiwer en hy speel dit vir die eerste keer by die KKNK. Dié vertoning en meegaande oudiovisuele aanbieding het ’n sensasie by die KKNK veroorsaak en nou bring die Kalfie hierdie einste konsert na Hermanus. Coenie bewys in hierdie vertoning waarom hy beskou word as een van die land se sterkste liedjieskrywers en kunstenaars.

Resensent Wim Vorster skryf oor dié konsert: “Musiek en liriek is so dig verweef dat dit klink asof dit gesamentlik en organies geskep is. Albei is kuns – eerlike, onopgesmukte musiek en digkuns. (Dis vir my) ongetwyfeld sy mooiste konsert.”

Die weergalose kitaarmaestro Mauritz Lotz voeg sy eie towerkrag op kitare by. Shhhhhhhh is onverdunde Coenie, soos die fynproewers daarvan hou.

Spelers: Coenie de Villiers en Mauritz Lotz Regie: Coenie de Villiers

Geborg deur Rola Volkswagen en Wildekrans
Woensdag 8 Augustus om 20:00
Sandbaaisaal
60 min.
R150 (wyn ingesluit)