‘Sê groete vir ma’

Klippe_wat_val
Klippe wat val
June 3, 2019
Donkie
Donkie
June 3, 2019

‘Sê groete vir ma’

Se_groete_vir_Ma_2_600_x_400

Vir die eerste keer in baie jare betree Hannes van Wyk weer alleen die verhoog met ’n splin­ternuwe eenmanstuk, Sê groete vir ma.

Hannes vertolk die rol van Reg­hardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en be­staan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het. Dit is ’n drama waarin die lag en die traan baie naby aan mekaar loop: die band tussen ’n ma en haar kind, hul lewensreis saam, die pyn en onvermyde­likheid van oud word en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is.

Dit vertel die storie van Reghardt se vorm­ingsjare (’n sensitiewe kind wat op ’n plaas moet grootword en die dinge van manwees en “man word” gou moet kop), sy pa, sy nie-so-slim broer, De­waldt, en sy veerpoothoender, Knoop, wat hom van die dood geleer het en die pyn en verne­de­ring van tiener wees.

Dis ’n soort knop-in-die-keel-ky­kie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: Die getik-tok van die klok wat niemand die aardigheid van oud word spaar nie. Dit is ’n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir lag met ’n traan. Elkeen wat ’n ma het, gehad het of sélf ’n ma is, moet hierdie langverwagte teaterstuk sien.

Saterdag 10 Augustus, 14:00,
Ouditorium, R120, 60 min.

Booking_Button