Mike en Mavis – Wessel Pretorius

kalfiefees-hermanus.co.za
Sê my naam soos ’n Starbucks-knaap – Wessel Pretorius
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za
Kuns by die Kalfie
June 7, 2018

Mike en Mavis – Wessel Pretorius

kalfiefees-hermanus.co.za

Mavis Kellerman is ’n weduwee wat haar van die lewe afsluit. Op ’n dag ontvang sy ’n uitnodiging na die opening van ’n nuwe bioskoop wat in klassieke flieks spesialiseer.

Die eienaar is Mike Lewis, ’n eksentrieke oujongkêrel met ’n romantiese siel – en hy het ’n ogie op Mavis. Hoe nou met ’n vryery so in haar herfsjare? Wat Mavis nie weet nie, is sy en Mike deel ’n geskiedenis wat donkiejare voor die uitnodiging begin het. ’n Romantiese komedie met as’t ware ’n knop in die keel.

Spelers: Wilson Dunster en Elize Cawood Regie: Gerrit Schoonhoven