Manne – Chris Vorster

kalfiefees-hermanus
Stigterslid Cas van Rensburg
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za
Sê my naam soos ’n Starbucks-knaap – Wessel Pretorius
June 7, 2018

Manne – Chris Vorster

kalfiefees-hermanus.co.za

’n Spul vriende herenig vir ’n jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne. Slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise, die jagters van die prooi. “Ja, manne, alles is snaaks tot iemand seerkry . . . dan is dit nie meer snaaks nie . . . dan is dit skreeusnaaks.” Komedie, spanning en drama is aan die orde van die dag in hierdie produksie. Beter waarde vir jou geld as ’n tros piesangs . . . gewaarborg! ’n Lokettreffer by Aardklop, Woordfees, ABSA-KKNK en Innibos.

Akteurs: Chris Vorster, Hennie Jacobs, Hannes Brümmer, Theodore Jantjies, Francois Lensley en Deon Coetzee
Teks en regie: Chris Vorster
Vervaardiger: GZ Produksies
Geen o.14 (T)

Saterdag 11 Augustus om 13:00
Sandbaaisaal
65 min
R120