Kuierplek

Kom kuier saam in die kuierplek

Hierdie jaar is die Hermanus Times Kalfiefees se kuierplek by die Hemel-en-Aarde Brewery langs die Village-sentrum. Al reën dit buite het ons ’n venue wat toe en warm sal wees. Binne in die Hemel-en-Aarde Brewery is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie op­raak nie en tee en koffie sal voortdurend be­skikbaar wees. Daar sal elke dag musiek deur plaaslike kunstenaars gemaak word. Whale Coast Ra­dio saai die Saterdag lewendig uit. Jou kanse is goed dat jy die aanbieders van Fiesta dáár sal raakloop. Aan die inwoners – daar sal gekuier word sonder dat die lawaai te uit­bundig is. Daar sal ook ’n Kalfiefees-ta­fel wees en die ko­mi­­teelede sal inlig­ting verskaf. Kaart­jies vir alle verto­nings kan gedoen word by Computicket, by die Checkers-sentrum, asook Checkers Whale Coast Mall en by die Kalfiefees-kan­toor by die De Wetsaal. Indien ’n vertoning nie uitverkoop is nie, sal kaartjies by die deur te koop wees.