Klippe wat val

Voordele_van_Eierwit
Die voordele van eierwit
June 3, 2019
Se_groete_vir_Ma_2_600_x_400
‘Sê groete vir ma’
June 3, 2019

Klippe wat val

Klippe_wat_val

Op ’n afgeleë plaas kruip ’n jongman in ’n hondehok weg. Om hom op die werf is net­jiese stapels klippe, ‘n herinnering aan men­se en diere wat reeds weg is.

Sy boesemvriend keer ná 20 jaar terug na die plaas. As seuns was hulle onafskeidbaar, nou is hulle vreemdelinge vir mekaar. Ter­wyl die twee mans terug delf die verlede in verskiet die een ster na die ander. Klippe wat val was op verlede jaar se Woordfees die Beste debuut­produksie.

“Dis boeiend omdat jy as gehoorlid so sterk ingetrek word deur hierdie storie wat na aan die been van aktuele sake sny” – Wayne Muller, INK

Die spelers is ook beloon by die Fiëstas met Wilhelm van der Walt as die beste speler en Dean John Smith as die beste byspeler.

Skrywer: Philip Rademeyer.
Regisseur: Philip Rademeyer.
Spelers: Wilhelm van der Walt, Dean John Smith en Gideon Lombard (musiek)
Verblyf: Whale Coast Hotel

Saterdag 10 Augustus 13:00
Sandbaaisaal, R130, 85 min. Geen o.16
Borg: Dagbreek-trust
Booking_Button