Hierdie is ’n orkeskompetisie wat op Vrydagmiddag van 16:00 in die Sandbaaisaal plaasvind. Die orkeste moet van Hoërskole kom en Afrikaanse musiek speel. Uitdunne sal voor die tyd gehou word.
R15 Sandbaaisaal Vrydag 6 Aug. 16:00 tot aand
Tente
Daar is vanjaar twee tente, nl. die Roostent (Kultuurtent) en Pick n Pay-tent (Kuiertent in die Onrus Woonwapark). Daar sal vermaak van 13:00 tot laat op Vrydag 6 Aug plaasvind en die ander drie dae: 7, 8 en 9 Aug. van 09:00 tot laat.
Die volledige program sal ook later hier bekend gemaak word.
Diegene wat stalletjies in die tent wil hê, moet ons asb so gou moontlik kontak by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
DIE KALFIEFEESTENTE
Vanjaar word die tentvieringe verdubbel, met 'n tent vir elke luim:
Die Roostent – Ouder gewoonte langs die De Wetsaal in Onrus, met gratis toegang. Hier word boeke bespreek en gesprekke gevoer met skrywers en ander kunstenaars. Agtergrondmusiek hou die atmosfeer gemoedelik, terwyl eetgoed, koffie, tee, bier en wyn by die stalletjies te koop is.
Die Kuiertent – In die Onrusrivier Woonwapark, met sangers en orkeste wat mekaar deur die dag en aand op die verhoog afwissel. Hier kan jy heeldag kuier, is daar 'n ruim verskeidenheid kosse en peuselgoed, asook 'n volledige kroeg. Toegang is net R10 per persoon vir 'n dag lange musiekfees en – as spesiale bonus – as jy 'n kaartjie of teenstrokie vir enige van die Kalfiefees se vertonings het, gaan jy verniet in! Al uitsondering is Saterdagaand, wanneer Die Groot Konsert met Anton Goosen en Viljoen Retief jou 'n steeds billike R65 kos.
KUIERTENTPROGRAM
Vrydag 6 Augustus 13:00: Ons begin met verskillende kosstalletjies, lewende musiek en 'n volledige kroeg. Tussen die sangers deur maak Hawston se beroemde Steel Band unieke klanke en hul Marimba-orkes sorg dat jy nie stilsit nie. Die Kalfiefees bring ook elke dag vir jou 'n verrassingskunstenaar! 19:00:Manne sonder snare maak dit 'n lekker kuieraand en, natuurlik, 'n dansaand! Hierdie hoogs professionele orkes maak al van 2007 saam musiek en bestaan uit Koerie Laubscher, Jacques Horne, Danie van Romburgh, Wilhelm Genade en David Saunders. Hulle speel gewilde musiek en dansmusiek.
Saterdag 7 Augustus 09:00: Die Kuiertent maak reeds oop vir ontbyt en ander kosstalletjies. 11:00: Lewende musiek word aangebied vir almal wat wil saamkuier. 18:00: Wenner van die Kalfiefees se MetaalKabaal-kompetisie vir tienergroepe speel. 19:00:Die Groot Konsert! Viljoen Retief laat die tent kook met sy unieke vertoning, oorspronklike liedjies en gewilde treffers 21:00:Anton Goosen, die Liedjieboer self. Kaartjies kos net R65 vir die twee saam.
Sondag 8 Augustus 09:00: Tent open oop vir 'n lekker Sondag-ontbyt. Verskeie kunstenaars se musiek deur die dag maak hierdie 'n kuier-Sondag. Hou vandag se verrassingskunstenaar dop! 19:00:Mississippi Disco speel blues- en jazz-gunstelinge. Die groep bestaan uit Paul Koekemoer, Davie Namonde, Philip Lottering, Don Kennedy en John Mitchell.
Maandag 9 Augustus 09:00: Kuiertent open vir ontbyt, met stalletjies en musiek. En ons verrassingskunstenaar haal al die blou uit hierdie Maandag! 13:00: Dan kom die beste drie groepe van die Kalfiefees se MetaalKabaal wys waarom hulle wenners is. Kyk daagliks na die dagprogram vir daardie dag se bedrywighede.