image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  
Kuns

Kuns

KUNS LEEF IN HERMANUS/ ART IS ALIVE IN HERMANUS

Hermanus is die tuiste van klompie van Suid-Afrika se mees uitstaande kunstenaars met bykans almal internasionale bekendheid agter die blad. Dat ons kunsgalerye `n unieke blik op die dorp bied, is dus gewis.
Die Kalfiefees het saamgespan met kunsgalerye in Onrus en Hermanus om kunsliefhebbers die kans te gee om `n paar van die kunstenaars wie se werke gereeld uitgestal word, eerstehands te kan ontmoet.
Die Kuns leef in Hermanus-ervaring vind plaas vanaf 14:00 tot 17:00 op Vrydag 6 Augustus en die deelnemende galerye is The Onrus Gallery, Art Gallery, Walker Bay Art Gallery, Bellini’s Art Gallery, Old Harbour Gallery en Art Thirst. Ontmoet uitnemende kunstenaars soos Hennie Niemann, Dante Ruben, Aviva Maree, Ed Bredenkamp, Leon Muller en Phil Cloete oor `n glasie wyn of `n koppie koffie en word so bietjie meer kunswys.


**********************************************************

Home to a number of outstanding South African artists with international acclaim, it is par for the course that art galleries in Hermanus offer a unique view on the town.
The Kalfiefees collaborated with six art galleries in Onrus and Hermanus where art lovers will be able to get up close and personal with some of the artists whose works are exhibited here.
The Art is Alive in Hermanus-experience is happening from 14:00 to 17:00 on Friday 6 August and the participating galleries are The Onrus Gallery, Art Gallery, Walker Bay Art Gallery, Bellini’s Art Gallery, Old Harbour Gallery and Art Thirst. Meet artists like Hennie Niemann, Dante Ruben, Aviva Maree, At Bredenkamp, Leon Muller and Phil Cloete over a cup of coffee or a glass of wine and become more art wise.

KUNSUITSTALLING

Daar sal van 4-21 Augustus ‘n oorsigtelike uitstalling van Marjorie Wallace se werk wees in die Mission House Gallery in De Villiersstraat, Onrus. Marjorie Wallace was ‘n groot gees in die kunstewêreld in Onrus en Suid-Afrika en was getroud met die Afrikaanse skrywer Jan Rabie.