image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  
Komedies/Comedies

Komedies / comedies

MONKEY NUTS

Monkey Nuts

by Geraldine Naidoo


A hilarious new show from acclaimed writer/director Geraldine Naidoo and multi-award winning actor Matthew Ribnick. The play tells the story of Edgar Chambers, an odd-bod obsessed with entering all sorts of competitions. Edgar, a bank teller by profession, also has the unusual knack of sniffing out free stuff and special offers. It is, however, his obsessive competition entering that sparks off the madcap story that has audiences gasping for breath. Don’t miss the hysterical brilliance of this comedy that will mesmerise and entertain you.

60 min. R70         De Wet Hall
Saturday 7 Aug. 20:30 and Sunday 8 Aug. 10:00

SEKS IN DIE SUBURBS

Seks in die Suburbs

deur Francois Toerien


’n Jonger man (Eben Genis) en ’n ouer vrou (Susanne Beyers) ontmoet mekaar by ’n funksie waar hy ’n kelner is. Sy is vasbeslote om weer haar seksualiteit te laat geld. Die passie word egter gekortwiek deur ’n inbreker, en ná vele ontblotings en skokke kom hulle tot die gevolgtrekking dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Geen 0/14.

60 min. R60           De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 20:00 en Saterdag 7 Aug. 10:00

 

DIE LAASTE AFRIKAANSE SUPERHERO

Superhero

deur Leon Kruger


Ons wêreld is sonder helde: Superman se rooi onderbroek is tydens 'n laatnag- strip poker game in Seepunt gesteel, Batman en Robin kon uiteindelik trou en op Kleinmond aftree, Spiderman weef deesdae hangmatte op Jeffreysbaai, en sedert  Nelson Mandela nie meer wil vlieg nie, moes iemand die fakkel oorneem!
Dis die storie van Pieter Cronje, ’n doodnormale Afrikanerseun, wat daarvan droom om eendag iets groots te doen: iets wat die wêreld 'n beter plek kan maak, iets wat hom kan laat uitstyg bo die res.
Die laaste Afrikaanse superhero is 'n handleiding vir die moderne man met outydse waardes.
Die akteurs Leon Kruger en Esther von Waltsleben span die eerste keer kragte saam in hierdie komedie.

70 min. R60        De Wetsaal
Saterdag 7 Aug. 18:00 en Sondag 8 Aug. 12:00

PILLE EN BRILLE

Pille en Brille

deur Henk Pretorius


Twee vriendinne (Marga van Rooy en Yvonne Schoeman) wat verslaaf is aan 7de Laan en Noot vir noot, weet nie hoe hulle dit het wanneer ’n nuwe wewenaar by hul aftreeoord intrek nie. Wie moet vir wie lugtig raak, want die wedywering om aandag raak sterk! Selfs die wewenaar se kleinseun raak met die tannies deurmekaar en moet ligloop of hy beland in ’n hoek. ’n Heerlike klug oor senior burgers en senior oomblikke, aangebied deur Marga van Rooy Produksies. Ook met Albert de Villiers.

70 min.  R60        De Wetsaal
Saterdag 7 Aug. 12:00 en Sondag 8 Aug. 18:00

OUPA EN OUMA RAAK ROMANTIES

Ouma en Oupadeur Leon Kruger


Oupa en Ouma (Johan en Lida Botha) is ná oor die 70 vertonings landwyd reg vir die Kalfiefees! Hulle is al oor die 40 jaar getroud en wonder soms hoekom. Hulle stry oor nietighede wat so kenmerkend van getroudes is. Toe jy klein was, was dit hulle wat jou boude beskerm het as jy stout was. Hulle’s ook die enigste twee mense wat vir Ma en Pa mag sê wat om te doen. Hulle is Ouma en Oupa. Jy ken hulle al klaar! Ses vertonings uitverkoop by KKNK 2010!

70 min. R60        De Wetsaal
Sondag 8 Aug om 20:00 en Maandag 9 Aug om 10:00

MET DIE HOLM GEBORE

Met die Holm gebore

deur Chris Vorster en Marion Holm


Ja, die einste Marion Holm van Sussie-faam. Om met die helm gebore te wees is een ding, maar om met die Holm gebore te wees is nóg ’n ding en vier ander goed saam met ’n stuk watsenaam en sewe uitroeptekens! Gewone sintuie is nie genoeg nie. Jy moet met die Holm gebore wees om te kan sien waar jy nie kyk nie, te kan hoor waar jy nie luister nie en te voel waar jy nie vat nie. Julle ken vir Sussie. Ontmoet nou vir Marion.

70 min. R60        Burgersentrum
Saterdag 7 Aug. 21:00 en Sondag 8 Aug. 10:00

BURE OPPIE BANK

Bure oppie Bank

deur Saartjie Botha


Die twak spat in hierdie komedie wanneer Toks Abrams (Zane Meas) en Flip Botha (Neels van Jaarsveld) mekaar beetkry oor rugby, vroumense, skoonma’s, gereedskap en ’n stukkende kar se verkoop. Flip eet niks vir soetkoek op nie, behalwe Toks se raad oor hoe hy sy aanstaande verloofde moet benader. Voeg hierby ’n waterdigte plan oor hoe om jou kar te laat steel, en jy sal begryp waarom dié gewilde lokettreffer gehore so laat skater.

70 min. R70        Burgersentrum
Saterdag 7 Aug. 13:30 en Sondag 8 Aug. 12:30

DIE RYK WEDUWEE

Ryk Weduwee

deur Uys Krige


Hierdie klassieke klug word vanjaar opgevoer ter viering van Uys Krige, eertydse inwoner van Onrus, se geboorte 100 jaar gelede. Dit vertel van die ryk weduwee Anna de Kock (Elsabé Daneel), wat vier huweliksaansoeke kry van eiesoortige mans wat elk in ’n ander wentelbaan sweef. Daar is Pierre Naude (Chris van Niekerk), die preutse boer en prokureur van Malmesbury, wat in sowat 20 minute op drie vroue verlief raak. Verder is daar Waldemar Schultz as die verstrooide professor en Johann Nel as die stotterende Frans de Waal. Ook met Martelize Kolver en Susanne Beyers.


130 min. R85 en R90    Die Skuur
Maandag 9 Aug. 13:00