image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  
Musiek/Music

Musiek / Music

ANTON GOOSEN

Anton Goosen

Goosen word nie verniet die “vader van Afrikaanse rock” genoem nie. Hy het in 1979 bekend geraak toe hy die temamusiek vir die rolprent Pretoria, o Pretoria en die treffer “Boy van die suburbs” geskryf het. Hy werk al vir jare met andere groot name in die musiekbedryf, soos Laurika Rauch, Lucas Maree en andere. Die bekendste sangeres vir wie hy talle treffers geskryf het, is Sonja Herholdt. Sy liedjies het ’n nuwe rigting in die Afrikaanse musiekbedryf ingelyf met oorspronklike nuwe Afrikaanse liedjies. Sy pad is lank, maar hy is nog nie klaar geloop nie. Hy help ook baie ander jong kunstenaars om hul eie paaie te bou.

R65  (vir albei vertonings saam) 60 min.  Kuiertent
Saterdag 7 Aug.  21:00

 

VILJOEN RETIEF

Viljoen Retief.jpg

Hierdie Kapenaar se CD Soos die wind is vanjaar vrygestel. Hy het al die liedjies self geskryf. “Ek skryf graag oor plekke, mense en alledaagse dinge.” Sy eerste album was Jou wêreld wag, wat hyself gefinansier het. Hy het ook by die pas afgelope KKNK op die hoofverhoog opgetree

60 min.  Kuiertent (Net voor Anton Goosen)
Saterdag 7 Aug.  19:00

 

 


OPENINGSAAND

Eclips

Die openingsaand gaan vanjaar iets besonders wees. Behalwe ’n smullekker driegangmaal deur Warwick’s Chef School, gaan die energieke en dinamiese musiekduo Eclips ons vermaak. Hierdie sexy duo, Lizelle le Roux en Emrie de Wit, verlei, streel en bevredig die oor én oog. Hierdie twee met hul eiesoortige bekoorklanke van twee klassieke instrumente vernuwe bekende Afrikaanse treffers, en die boeremusiekstyl kry ’n stylvolle aanslag. Daar is dus niks oer of vervelig aan hierdie tjello en viool nie. Hulle is albei meestersgraad-graduandi van UP. Ná vier jaar in die mark met 4 CD’s is Eclips ’n suksesverhaal sonder keer. “Ons maak musiek omdat dit regtig lekker is!” Dit is dan ook hul trefkrag, want hul musiek borrel en bruis van vreugde en opwinding.
Kom deel hierdie belewenis met ons.


120 min. R120 Sandbaaisaal
Donderdag 5 Aug. 19:00

SIMFONIEKONSERT/SYMPHONY CONCERT

Orchestra

 

Die Camerata-groep van die Universiteit van Stellenbosch bied aan ons ’n wonderlike konsert met soliste Nina Schumann (klavier), Suzanne Martens (viool) en Peter Martens (tjello).

The Camerata ensemble of Stellenbosch University will entertain us with a wonderful concert with soloists Nina Schumann (piano), Suzanne Martens (violin) and Peter Martens (cello).

The programme consists of Elgar Serenade for Strings in E minor, Op. 20, Haydn Keyboard Concerto No. 11 in D Major Hob. XVIII/11, Mozart Sinfonia Concertante KV 364 in E flat Major for solo Violin and Cello and orchestra.

Mozart composed his Sinfonia Concertante in Salzburg in the summer of 1779. It is assumed that he wrote the demanding solo viola part in the Sinfonia Concertante for himself, and he took pains to ensure that it would make a brilliant effect. The cadenzas are Mozart's own. In this version the original solo viola part has been transcribed by Peter Martens for solo cello.

 

 

 

 

 

 

 



90 min.  R80  Sandbaaisaal/Sandbaai Hall 
Sondag/Sunday  8 Aug.  15:00

 

ADAMSAPPEL

Adams Appel

Dié gewilde a capella-groep gaan oud en jonk vermaak met hul oorspronklike repertoire van klassieke en kontemporêre musiek. Die groep van nege jong mans is ’n fees vir die oog en is al beskryf as Suid-Afrika se antwoord op Il Divo. Kom geniet hul humoristiese Afrikaanse medley, sing saam Italiaanse ballades en dans op die maat van treffers uit die 80’s. Die groep vang hul gehore vas met treffende bewegings, uitdagende verwerkings en hul kenmerkend unieke kwinkslae. This popular a capella group of nine will entertain both old and young with their original repertoire of classical and contemporary music. The group is not only a feast for the eye but has also been described as South Africa’s answer to Il Divo. Come and enjoy an afternoon of wonderful music, nostalgia and unique wit.

80 min. R70   Sandbaaisaal/Sandbaai Hall
Saterdag/Saturday 7 Aug. 15:00

KLASSIEK TOT KABARET

Klassiek tot Kabaret

Hier vind ons ’n skouspel van virtuose klavierspel en sang met Niël Rademan (klavier en sang) en Winand Grundling (klavier). Die vertoning wissel van klassieke tot populêre klavierwerke, asook klassieke, populêre en kabaretmusiek! Rademan is ’n hoogs gerespekteerde teatermaker, regisseur, kabarettis en minnesanger. As openbare figuur en kunstenaar tree hy by van die grootste kunstegebeure in Suid-Afrika op. Saam met Winand Grundling vorm hulle ’n wonder-duo! Hierdie konsert is voorwaar nie iets om mis te loop nie!

60 min. R70 Burgersentrum
Sondag 8 Aug. 20:30


DROOMVROUENS - Vrydag 6 en Saterdag 7 Augustus

met Mathys Roets

Droomvrouens is Mathys se nuwe solovertoning rondom die gelyknamige album, wat pas bekend gestel is. “Alle manne word deur ’n verskeidenheid vroue beïnvloed. Dit gaan nie net oor die liefde nie, maar meestal wel. ’n Paar manne moes al aan meer as een vrou tot siens sê – dalk die ouens wat ’n paar keer te veel hallo gesê het.” Die album se musiek is geskryf deur ’n paar mans wat kan sê hoe hulle voel: dus geskryf deur mans, óór en vír vroue. Bekende vroue ter sprake is Delilah, Caroline, Lisa en Karla; nuwes heet Madelein, Marica, Mariëtte. Een ding het al hierdie vroue gemeen: Hulle word hartstogtelik aangespreek, toegesing en besing. Droomvrouens is die album vir romantiese kersligaande, asook vir daardie nagte wanneer jy selfbejammerend en alleen sit en tob oor waar alles dan verkeerd gegaan het … Roets word begelei deur Matthys Maree. Tekskonsultant: Alexa Strachan.

60 min. R80   Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 18:00 en Saterdag 7 Aug. 11:30

AMANDA STRYDOM IN KONSERT - Saterdag 7 Augustus

Amanda StrydomDié bekroonde sanger en liedjieskrywer bring met hierdie vertoning die allermooiste uit haar musiekskatkis na die Kalfiefees. Strydom sing in Afrikaans, Nederlands en Frans oor die lewe, die liefde en die noodlot. Sy sing liedjies uit haar groot repertoire van die afgelope 31 jaar, insluitend juwele van haar albums Vrou by die spieël, Hotel Royale, Op ’n klein blou ghoen, Verspreide donderbuie en Kerse teen die donker.
Strydom vertrek weer in November vanjaar na Nederland vir ’n uitgebreide toer van 14  konserte. Die Nederlandse resensent Stephan Sanders skryf die volgende oor haar: “Jacques Brel is alive and his name is Amanda Strydom.”

70 min.  R85 en R90  Sandbaaisaal
Saterdag 7 Aug.  20:00