Kalfiefees Hermanus Kunstefees

Donderdag 1 – Sondag 11 Augustus 2024

Kalfiefees Hermanus Arts Festival

Welkom by die 2024 kalfiefees hermanus Kunstefees!

Vanjaar vier ons die 24ste feesjaar van die
Kalfiefees Hermanus Kunstefees
van Donderdag 1 tot Sondag 11 Augustus 2024!

Dis voorwaar ’n fees om na uit te sien met wêreldklas-kunstenaars in die allermooiste Overstrand.

‘n Fees van teater, musiek, kuns en leefstyl

Hierdie is ’n fees vir oud en jonk. Drama, komedie, musiek, dans, kinderteater, boekbesprekings, kuns en leefstyl; iets vir elke feesganger se smaak. Die Kalfiefees gee die geleentheid aan kunstenaars oor die hele land heen om byeen te kom en gehore uit alle windrigtings te vermaak.

Kalfiefees – daar is iets vir almal!

Vorige Kalfiefees-Hoogtepunte

Die Kalfiefees lok elke jaar groot name soos Sandra Prinsloo, Amanda Strydom, Marion Holm, Deon Meyer, Frank Opperman, Laurika Rauch, en ander. Ons stel binnekort 2024 se produksies bekend!

Previous shows at the Kalfiefees

Kom kuier op Hermanus

Kalfiefeestyd is die ideale tyd van die jaar om ‘n bietjie langer op Hermanus te kom kuier. Die Kalfiefees vind oor 11 dae van Donderdag 1 tot Sondag 11 Augustus 2024 plaas en sluit die Vrouedag-langnaweek in.

Bo en behalwe die Kalfiefees se uiteenlopende program van teater, musiek, kuns en leefstyl, wag daar op die fynproewers ‘n uitsonderlike keuse van restaurante en wynplase, en die fikses kan ’n staproete aanpak; daar is niks so verfrissend soos ’n wandeling langs die kus nie. Wie weet, dalk verras ‘n walvis of twee jou!

Nooi gerus jou vriende en familie saam vir ‘n lekker kuiervakansie op Hermanus. Bespreek sommer nou al jou verblyf tydens die Kalfiefees van 1 tot 11 Augustus. Besoek gerus Hermanus Toerisme se webwerf vir meer inligting oor aktiwiteite en verblyfopsies.

Kseniia Nel - Kalfiefees logo ontwerk

‘n Nuwe baadjie

2023 het gesorg vir ’n vars Kalfiefees-gees met ‘n nuwe logo wat deur die plaaslike kunstenaar Kseniia Nel, oorspronklik van die Oekraïne, ontwerp is.

Het jy geweet?

Het jy geweet?

Die Kalfiefees het in 2001 in Hermanus ontstaan. Die naam Kalfiefees verwys na die tyd van die jaar wanneer die walvisse Walkerbaai toe kom om te kalf.