Kalfiefees Hermanus Kunstefees
Donderdag 1 – Sondag 11 Augustus 2024
Welkom by die 2024 kalfiefees hermanus Kunstefees!
Vanjaar vier ons die 24ste feesjaar van die
Kalfiefees Hermanus Kunstefees
van Donderdag 1 tot Sondag 11 Augustus 2024!
Dis voorwaar ’n fees om na uit te sien met wêreldklas-kunstenaars in die allermooiste Overstrand.
‘n Fees van teater, musiek, kuns en leefstyl
Kalfiefees – daar is iets vir almal!
Vorige Kalfiefees-Hoogtepunte
Die Kalfiefees lok elke jaar groot name soos Sandra Prinsloo, Amanda Strydom, Marion Holm, Deon Meyer, Frank Opperman, Laurika Rauch, en ander. Ons stel binnekort 2024 se produksies bekend!
Kom kuier op Hermanus
Bo en behalwe die Kalfiefees se uiteenlopende program van teater, musiek, kuns en leefstyl, wag daar op die fynproewers ‘n uitsonderlike keuse van restaurante en wynplase, en die fikses kan ’n staproete aanpak; daar is niks so verfrissend soos ’n wandeling langs die kus nie. Wie weet, dalk verras ‘n walvis of twee jou!
Nooi gerus jou vriende en familie saam vir ‘n lekker kuiervakansie op Hermanus. Bespreek sommer nou al jou verblyf tydens die Kalfiefees van 1 tot 11 Augustus. Besoek gerus Hermanus Toerisme se webwerf vir meer inligting oor aktiwiteite en verblyfopsies.
‘n Nuwe baadjie
2023 het gesorg vir ’n vars Kalfiefees-gees met ‘n nuwe logo wat deur die plaaslike kunstenaar Kseniia Nel, oorspronklik van die Oekraïne, ontwerp is.