image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  
Kinderopvoerings / Children's Plays

Kinderopvoerings / Children plays

IETS UIT NIETS

Iets uit Niets

’n Vermaaklike fantasie vir veral laerskoolkinders. Die titel is ook die tema van die stuk, naamlik die herwinning van rommel en bewaring van die natuurskoon. Daar is ook  ’n dieper en belangriker aspek: om ’n goeie selfbeeld te kweek en in jouself te glo.
’n Jong meisie, Nikki, bly by ’n tannie, Frau Reinenschön, in die stad. Haar ouers is “op die plaas” en sy bly deur die week in die stad om naby die skool te wees. Sy bly heel lekker, tot ’n  rommelmonster opdaag en in die stil nagure die buurt vol rommel strooi. Hy bedoel dit nie sleg nie – dit is vir hom mooi en kleurryk – maar Frau Reinenschön blameer Nikki vir die gemors. ’n Gawe oom, Mnr. Besemberg, wat daardie buurt skoonmaak, ontferm hom oor Nikki en gee haar ’n towerdrankie wat haar dalk uit haar penarie kan help. Allerlei vreemde goed gebeur dan totdat die Iets-uit-niets-feetjie uiteindelik opdaag en alles weer regstel.
Met Stephanie Badenhorst, Simone Biscombe, Clinton Brown en Raymond Randall. Regie deur Waldemar Schultz (Jan-Hendrik van 7de Laan).

60 min.  R35  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug.  14:00


ROOIKAPPIE EN DIE WOLF

Rooikappie

Dié bekende sprokie word op vermaaklike wyse vir ons gespeel deur Gaerin Hauptfleisch, Stephanie Hough, Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman.

60 min. R35 De Wetsaal Saterdag 7 Aug. 15:30