image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  

Bederfdag vir vroue

Pure pamperlang! Dit is wat op die Evas wag wat die Kalfiefees/Overstrand se Vrouedagontbyt bywoon wat op Maandag 9 Augustus in die Sandbaaisaal gehou word.

Die tema is nie verniet Eva, klim uit jou Boks nie! Ons hoofspreker, Marius Cornelissen, is nie net `n kapelaan-generaal in die Weermag nie, maar ook `n persoonlikheidskenner wat die dames gaan kom leer hoe om uit daardie “bokse” te klim. Hermanuspietersfontein se sjarmante wynman Gerard Scholtz swaai die septer as seremoniemeester, terwyl  die hartebreker-kabaretster Niël Rademan die dames op `n liedjie of twee gaan trakteer.

Verbeeldings kan vrye teuels gegee word om die tafels volgens die tema te dek en daar is pryse op die spel vir die mooiste, snaaksste of mees gepaste tafels. Vanjaar kan almal meedoen aan hierdie pret.

Benewens die Vroue van die Jaar-toekennings aan spesiale vroue van die Overstrand, is daar `n modeskou en ander verrassings om na uit te sien. Bekende verhoogpersoonlikheid Wilna Snyman gaan ook `n voorlesing doen uit Gerard Scholtz se aangrypende nuwe boek, Lig wankelend.

Elke vrou gaan bederf word met `n geskenksakkie en daar is reuse-pryse op die spel in ons gelukkige trekkings. Borge sluit onder meer Quarters Hermanus Boetiekhotel, Sanlam, JC Le Roux, Clicks, Elizabeth Arden, Revlon, Refine Anti Ageing and Laser Clinic, La Dolce Vita Boetiek en Bare Essentials velprodukte in. Media 24 se tydskrif Lééf met hart & siel kom hou saam Vrouedag en deel self geskenkies en tydskrifte uit.  Die Lééf-span dek ook `n tafel! Daar sal  tyd wees  vir die vroue om die borgestalletjies by die funksie te besoek.

Lede van die publiek word versoek om so gou moontlik nominasies vir Overstrandvroue wat `n verskil in hul omgewing maak en in aanmerking behoort te kom vir `n Vrou van die Jaar-toekenning, aan Elize Verrij by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  te stuur. Toekennings word gemaak aan `n besondere vrou uit die Rooi-Els/Bettysbaai/Kleinmond-omgewing, Hawston, Zwelihle, Hermanus en Stanford/Gansbaai.

Nominasies moet kontakbesonderhede van die nomineerder asook die kandidaat insluit en vergesel word van `n kort motivering waarom die kandidaat in aanmerking behoort te kom vir die toekenning.

Skakel Marianné Beyleveldt by 076 092 3749 of Lianda Beyers Cronjé by 082 948 2450 vir meer inligting.

 

Day of pampering for women

Pure indulgence! This what is in store for women attending the Women’s Day breakfast on Monday 9 August in the Sandbaai Hall.

The theme is not Eve, get out of your Box for nothing! Our main speaker, Marius Cornelissen, is not only a chaplain-general in the SA Defence Force but also a personality specialist, who will teach the ladies how to get out of those “boxes”. Charming Hermanuspietersfontein wine connoisseur Gerard Scholtz is our MC, while heartthrob cabaret artist Niël Rademan will treat the ladies to a song or two.

Creative ladies can give free rein to their imagination in dressing the tables according to the theme. There will be prizes for the funniest, most beautiful or most fitting table. Everybody can participate in the fun this year.

In addition to the Women of the Year awards that will be given to special ladies from the Overstrand, there will be a fashion show and other surprises to look forward to. Well-known stage personality Wilna Snyman will  also be reading from Gerard Scholtz’s mesmerizing new book, Lig wankelend.

Every woman will be spoilt with a gift bag and fantastic prizes can be won in lucky draws. Sponsors include Quarters Hermanus Boutique Hotel, Sanlam, JC Le Roux, Clicks, Elizabeth Arden, Revlon, Refine Anti-Ageing and Laser Clinic, La Dolce Vita Boutique and Bare Essentials Skin products.

Members of the public are requested to send in nominations for women who are making a difference in their environment and should be taken into account for a Woman of the Year award, as soon as possible to Elize Verrij at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  Awards will go to special women from the Rooi-Els/Betty’s Bay/Kleinmond area, as well as Hawston, Zwelihle, Hermanus and Stanford/Gansbaai.

Nominations must include the contact details of the nominator as well as the nominee and must be accompanied by a short motivation why the nominee should be taken into account for the award.

Call Marianné Beyleveldt at 076 092 3749 or Lianda Beyers Cronjé on 082 948 2450 for more information.