image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  

Oorsig oor HermanusTimes Kalfiefees 2010

Die Hermanus Times Kalfiefees is vanjaar tien jaar oud en gaan die mylpaal behoorlik vier.

Die Hermanus Times Kalfiefees vier vanjaar sy tiende verjaardag en die bestuur werk hard om dit ’n spesiale fees te maak.
Die Kalfie, deesdae die Overstrand en die Overberg-streek se grootste toneelfees en ’n vaste item op die land se toneelkalender, word ouder gewoonte oor die Vrouedagnaweek aangebied, van 5 tot 9 Augustus 2010. Onderhandelings met kunstenaars het reeds ver gevorder en ons het ook ’n afvaardiging by die KKNK gehad om die beste wat vanjaar op die planke is, te identifiseer.

Oor die jare was die Kalfiefees natuurlik self ook die bron van nuwe toneelstukke, wat daarna by ander kunstefeeste opgevoer is. Dit sluit suksesstukke in soos Jan en Jorie, geskryf deur Malan Steyn en opgevoer onder spelleiding van Juanita Swanepoel, wat ’n seisoen van sowat drie jaar gehad het, Ella se Perde, geskryf deur Charles Fourie en steeds op die verhoog, en Audrey, deur die bekroonde dramaturg Saartjie Botha.
Die Kalfiefees word gereël en bedryf deur vrywilligers wat almal hul kundigheid en tyd kosteloos aanbied ter ondersteuning van Afrikaanse teater en musiek. As jy wil saamwerk en ’n bydrae maak, kom sluit aan by die komitee. Bel Anna Spaarwater by  028 316 3270 of 082-893 6208 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

Ons wil jou ook nooi om lid te word van die Vriende van die Kalfiefees. Lidmaatskap is slegs R50 per jaar en dit verseker vooraf inligting oor die opvoerings, voorkeurgeleentheid vir besprekings, asook afslagpryse. Stuur ’n e-pos vir die besonderhede.
Terwyl die bestuurslede hul tyd en kundigheid skenk, is daar nog ’n belangrike bestanddeel wat nodig is om die resep te laat werk – geld. Daarom wil ons, namens die mense van die Overstrand vir wie hierdie fees aangebied word en ook namens elkeen wat van oor die hele land kom om eersteklas-toneel te sien, vir ons borge sê: Baie dankie, ons waardeer wat julle doen!
Die Overstrand Munisipaliteit is ons grootste borg en by die burgemeester, Theo Beyleveldt, kry ons altyd ’n oop deur en ’n oop gesprek. Dankie aan hom en sy raad. By die Hermanus Times, wat nie net ’n naamborg is nie, maar ook ons kommunikasiemedium met die Overstrand, word ons altyd met kollegialiteit en warmte ontvang.

Ander borge sien ook die waarde van die Kalfiefees vir die groter Hermanus, sy ekonomie en sy mense – Pick n Pay is elke jaar deel, so ook PSG Konsult, die Warwick's Chef School dra sy unieke smake by, en sakebure soos die Onrus Apteek is elke jaar daar met ’n handdruk en ’n tjek.

En op dié manier kom die mense van die Overstrand bymekaar, maak ’n plan of tien en skep iets uit niks. Kunstenaars word van oor die hele land hierheen gebring, sale word opgebou en ingerig, vervoer, verblyf en etes word gereël – verlede jaar is meer as dertig produksies in vier dae opgevoer.
Tel die deurlopende fees in die Kuiertent daarby, met kos, musiek en drank tot laataand, en na raming het 10 000 mense verlede jaar se Kalfiefees geniet. Vanjaar is ons tiende verjaarsdag. Jy is genooi.