image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  

Kalfiefees vereer Krige

Ronelle Terre’Blanche


Die Ryk Weduwee, ’n klassieke klug deur Uys Krige, word vanjaar spesiaal by die tiende Hermanus Times Kalfiefees opgevoer ter herdenking aan dié skrywer en eertydse inwoner van Onrus se geboorte 100 jaar gelede in 1910.

Dié meesterstuk, vanjaar se PSG Konsult-produksie, het die toets van die tyd deurstaan en met gewilde akteurs in al die rolle het die stuk groot aftrek by die KKNK- en Aardklop-feeste gekry.

Juanita Swanepoel is die regisseur van die produksie.
Resensente, skrywers en feesorganiseerders is dit eens dat Krige woorde op ’n sonderlinge wyse kon saamsnoer, nuwes laat opklink en woordspelings laat blom.

“Reeds ryke woorde word kosbaarder in sy aanslag, en dit vloei vryelik soos die water in die gragte tussen die vrugbare boorde op die ryk weduwee se plaas,” skryf Wayne Muller oor die stuk.

In dié komedie kry die toeskouer ’n oorveeg van nostalgie wanneer vergete woorde uit die monde van die karakters borrel en hul manier van doen die vergetelheid laat leef.

Dis pittig, koddig en met ryke woorde so statig soos die titelkarakter op haar stylvolle Bolandse plaas. En dan is daar juweeltjies uit die oude doos wat jou laat skaterlag.

Dit vertel van die ryk weduwee Anna de Kock (Elsabé Daneel) wat vier huweliksaansoeke kry van eiesoortige mans wat elk in ’n ander wentelbaan sweef – en elkeen raak in ’n oogwink verlief; trouens die preutse boer en prokureur van Malmesbury (die r’e gruis so in sy mond van die bry) Pierre Naudé (Chris van Niekerk) raak sommer in sowat 20 minute op drie vroue verlief.


Die komiese gebeure wat hier kan opduik, is ooglopend, maar die woordjuweeltjies wat Krige blink poleer, bring komiese verrassings.

Waldemar Schultz (Jan-Hendrik van 7de Laan) as die verstrooide professor Etienne Roux en Johann Nel as die stotterende Frans de Waal speel hul aweregse karakters teatraal en stuur die komedie.


Daneel is uiteraard statig, dog by tye stroef as die ryk weduwee, maar ’n spontaneïteit skemer tog in haar Anna deur.

Maar dis Martelize Kolver se Bettie, die huishoudster, en veral Susanne Beyers se Christine Vermaak wat jou die windmeul-oorveeg gee. Beyers is diep gegrawe in haar rol as die kwaai oordrewe tannie Christine, so bekend én bekroon vir haar konfyt in die kontrei.

Die Ryk Weduwee is ’n aangename teaterervaring, maar grootliks oor die nostalgie van ’n vervloë tyd en Uys Krige se skitterende skat woorde.

Krige het vir meer as dertig jaar op Onrus gewoon en sy huis, bekend as Swartdakkies, het menige gesprekke en debatte deurleef, veral met lewenslange vriende soos Gregoire Boonzaier, Jan Rabie en Marjorie Wallace.

Hy was veral ook beroemd (berug) vir die feit dat hy met groot gebaar sy baaibroek op die strand aan- en uitgetrek het – darem onder sy groot handdoek.

Dit, terwyl hy winter en somer elke dag in die see gaan swem het.
PSG Konsult op Hermanus is die trotse borg wat dié uitvoering van Die Ryk Weduwee op Maandag 9 Augtustus moontlik maak.