image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  

Kalfiefees verdubbel tente

Die Hermanus Times Kalfiefees gaan vanjaar sy tentaanbod verdubbel. Saam met die tradisionele tent langs die De Wetsaal in Roosstraat, Onrusrivier (die Roostent), gaan ’n groot Kuiertent ook in die Onrus Woonwapark ingerig word.

Elke tent sal sy eie karakter hê. Die Roostent, wat in die middel van die woonbuurt staan, sal fokus op boekbesprekings en onderhoude met skrywers en kunstenaars. Die Kuiertent sal fokus op musiek, met ’n orkesverhoog en ’n dansbaan. Die plan is om deurlopend musikante op die verhoog te hê, tot middernag.

Albei tente sal ’n verskeidenheid kossoorte aanbied, asook ’n kroeg.
Toegang tot die Roostent is gratis. Toegang tot die Kuiertent sal R10 kos, maar is gratis vir almal met ’n kaartjie vir enige van die vertonings by die Hermanus Times Kalfiefees. Kaartjies vir Saterdagaand se groot makietie in die Kuiertent sal R60 kos vir twee vertonings deur Anton Goosen en Viljoen Retief.

Boonop is dit die Hermanus Times Kalfiefees se tiende verjaardag, en die organiseerders beplan om dit vanjaar selfs groter en beter te maak as die baie suksesvolle feeste van die afgelope paar jaar. Tussen 30 en 40 verhoogstukke sal van 5-9 Augustus aangebied word in die De Wetsaal, die Burgersentrum, Die Skuur en die Sandbaaisaal.

Die Kuiertent sal ook 15-18 stalletjies huisves. Daar is ook plek onder die bome rondom die Kuiertent vir buite-stalletjies. “Ons was verlede jaar baie tevrede met die bydrae wat stalletjiehouers gelewer het om die fees vrolik te hou,” sê die feesvoorsitter, Pieter Schoombee, “en ons nooi hulle om vanjaar weer saam fees te vier.”

Belangstellendes kan vir Deon Pheiffer e-pos by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of vir Anna Spaarwater bel op weeksdae van 11:00 tot 13:00 by 028 316 1687. Aansoekvorms vir die stalletjies is ook in daardie tye beskikbaar by die feeskantoor langs die De Wetsaal, of by die Hermanus Times. Aansoeke sluit op Vrydag 23 Julie.