image image image image
MY SARIE MARAIS
BREAD / BROOD
NORMALITY
DINSDAE BY MORRIE
MY SARIE MARAIS deur Deon Opperman
Hierdie drama uit die pen van Deon Opperman is die eerste ná Kaburu, waarvoor hy sy tweede Hertzogprys gekry het. ’n Vrou (Hanli Rolfes) keer ná twintig jaar terug na haar grootwordplaas en ontdek haar jeugliefde (Deon Coetzee) is die nuwe eienaar. Hy het nooit getrou nie. So begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat die dinge wat in woede geskreeu word, nie iets beteken nie, maar wel dié wat gefluister word. Mense skreeu: “Ek haat jou.” Maar hulle fluister: “Ek het jou lief.”

80 min.  R85 en R90   Die Skuur
Saterdag 7 Aug. 12:00
BREAD / BROOD (Mime and Music/Mimiek en Musiek)
’n Fisieke-teaterstuk waarin die wêreld van beweging en musiek gekombineer word met die konkreetheid en bekendheid van brood. Verhale en gedigte uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers (Sheila Cussons, Petra Müller en Abraham de Vries) sowel as buitelandse skrywers (Christina Rossetti, AA Milne en Daniel Leader) word gebruik en in Afrikaans en Engels aangebied. Die musiekkeuse weerspieël ook die tema van brood, terwyl die bewegingstyl wat deur die akteur Pieter van Zyl aangewend word, die tradisie van die teatermeester Étienne Decroux herroep. ’n Deurlopende verhaallyn word gevolg, maar dit kan ook beskryf word as ’n collage waarin die misterie, geskiedenis en betekenis van brood vanuit verskillende hoeke belig word.

60 min.  R60  De Wetsaal
Vrydag 6 Aug. 17:00
NORMALITY by Hennie van Greunen
Originally written as Lyf by Hennie van Greunen and played by Pedro Kruger, the show was hailed as a tour de force from the start. It transports the audience, willingly and believingly, into a make-believe world which so accurately mirrors real life that the lines become blurred and that people’s opinions and perceptions are changed in the process. Kruger’s skills as composer, actor, pianist, storyteller and performer are utilised to the full in this poignant, outright funny and often moving production. The play was later translated into English, and in August 2009, it was performed at the Edinburgh Fringe Festival in Scotland. The show was awarded the fringereview.com Hidden Gem Award. Shirley Ellis adds her sensitive direction to the product. 60 min. R70  Civic Centre
Saturday 7 Aug. 18:30 and Monday 9 Aug. 10:00
DINSDAE BY MORRIE Vertaal en verwerk deur Hennie van Greunen

Die internasionale treffer Tuesdays with Morrie, deur Mitch Albom, is deur Albom en Jeffrey Hatcher vir die verhoog aangepas. Nou span twee van ons mees talentvolle akteurs vir die eerste keer saam om die deernisvolle verhaal in Afrikaans lewe te gee. Morrie (Chris van Niekerk) is ’n Sosiologie-professor aan die US en Tiaan (Pedro Kruger) een van sy oudstudente. Leermeester en student is albei by ’n kruispad in hul lewens: Morrie word met ’n terminale siekte gediagnoseer en ’n ontnugterde Tiaan besluit om sy ou prof op te soek.




90 min. R95 Burgersentrum
Vrydag 6 Aug. 20:30 en Saterdag 7 Aug. 09:00  

MetaalKabaal

Opwindende nuus wag op skole en leerders wat graag hul bands wil inskryf vir die groot MetaalKabaal op Vrydag 6 Augustus. Bands moet hul eie Afrikaanse musiek inskryf, hoewel hulle vir 30-40 minute ook hul eie musiek kan maak. Vir navrae kontak This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Monkey Nuts

The Hermanus Times Kalfiefees brings the hilarious show Monkey Nuts from acclaimed writer/director Geraldine Naidoo, and multi-award winning actor Matthew Ribnick, to town from 5-9 August. The play tells the story of Edgar Chambers; an odd-bod obsessed with entering all sorts of competitions. Edgar, a bank teller by profession, also has the unusual knack of sniffing out free stuff and special offers. It is, however, his obsessive competition-entering that has had audiences gasping for breath. Don’t miss the hysterical brilliance of this hour-long comedy that will mesmerize you.

Die genesende invloed van lag

Suid-Afrika beleef moeilike tye – ekonomies sowel as polities. En hoewel sakelui meen dat ons pas uit ’n resessie gekom het, glo heelwat ekonome dat ons heelwaarskynlik ’n tweede resessiegolf sal moet uitry.

Op politieke vlak heers ook groot onsekerheid, en menige Suid-Afrikaner hou die regerende party fyn dop.
Midde-in dié moeilike situasie het mense nodig om te lag. Dit is ’n bewese feit dat slegs optimiste opstaan en seker maak dat dinge gebeur.

Read more...

Kalfiefees verdubbel tente

Die Hermanus Times Kalfiefees gaan vanjaar sy tentaanbod verdubbel. Saam met die tradisionele tent langs die De Wetsaal in Roosstraat, Onrusrivier (die Roostent), gaan ’n groot Kuiertent ook in die Onrus Woonwapark ingerig word.

Elke tent sal sy eie karakter hê. Die Roostent, wat in die middel van die woonbuurt staan, sal fokus op boekbesprekings en onderhoude met skrywers en kunstenaars. Die Kuiertent sal fokus op musiek, met ’n orkesverhoog en ’n dansbaan. Die plan is om deurlopend musikante op die verhoog te hê, tot middernag.

Read more...

Sakke vol dramas by fees

Die tiende HermanusTimes Kalfiefees, wat van 5-9 Augustus tydens die Vrouedagnaweek plaasvind, bring weer ’n fees van gewilde dramas na die Overstrand. Dié dramas het reeds groot gehore na verskeie ander feeste in Suid-Afrika getrek, en resensente het lofliedere hieroor gesing.

Read more...

Page 2 of 2

2
Next
End