image image image image
AGTERPLAAS
MY NAAM / NAME IS ELLEN PAKKIES
NIPPLE CAPS AND G-STRINGS
MY PA DINK HY’S ELVIS
AGTERPLAAS (Drama)

Agterplaas is die hier en nou en nie iets van die verlede nie. Dis Jan Niemandsland maybe ook six love. Dis  Die Antwoord en Jack Parow met Angus Buchan opgeklits. Dis sad, dis funny en dis deluxe theatre. So, bring jou braf, jou zaan, jou krispie hoener, jou oros, jou kwagga, jou baasnonnie en jou krimpie se roer en kom kokkenodge biekie hoe Tant Klets se mense survive. Hierdie nuwe stuk deur Charles J Fourie gee nuwe definisie aan teater. Sien jou daar, my blaar.
Teks en regie deur Charles J Fourie. Geen O/14



80 min R80 Sandbaaisaal
Sa 6 Aug 10:00 en 16:00
MY NAAM / NAME IS ELLEN PAKKIES (Drama) Ellen Pakkies (Vinette Ebrahim) was een van die miljoene onsigbare mense. Skielik was haar naam op almal se lippe en word hierdie stil, ordentlike vrou se lewe en moorddaad ‘n hofsaak wat die hele wêreld ruk.  My naam / name is Ellen Pakkies is die aangrypende, ontroerende en soms skokkende verhaal van ‘n Kaapse vrou wie se lewe internasionaal opslae gemaak het nadat haar tikverslaafde seun (Christo Davids) haar tot moord gedryf het en nou nog wêreldwyd resoneer. Dis die storie van ‘n ma se liefde vir haar tikverslaafde kind; ‘n ouer stomgeslaan deur ongenaakbare trauma maar bowenal ‘n viering van oorlewing, vergiffenis en hoop.
Geskryf deur Lizz Meiring. Geen O/16
75 min R90 Sandbaaisaal
Sa 6 Aug 13:00
NIPPLE CAPS AND G-STRINGS (Theatre and dance) by Deon Opperman
This play is a combination of the best of a trilogy. All three of these shows were created by Deon Opperman and performed by Gigi at various festivals and venues around the country. In this show we meet Natasja, who after graduating from University and becoming a lecturer, then became a stripper. Audiences are given insights into what really goes on in strip-clubs – and what goes on in the mind of the stripper. Then Nastasja, who has been at peace with her single life and her profession, falls in love. She must now decide whether to be honest with the man she loves or walk away and lose him…..
This show is relevant, humorous, sensual and very revealing. And most importantly, it’s a show that will be enjoyed by both men and women.
Strictly adults. No under 18.

90 min R 110   Civic Theatre
Fri 5 Aug 18:00
MY PA DINK HY’S ELVIS (Drama/Komedie) deur Reinet en Jan-Jan Nagtegaal
Pa Hennie (Ben Kruger) is ‘n Elvis nabootser en sleep sy teësinnige seun (Viljé Maritz) saam op sy Elvistoer deur die Karoo om geld in te samel vir Ma se “boobjob”. Teen die agtergrond van al die ou Elvisliedjies ontknoop die spanning en drama wat die gesin se wanfunksionering onderlê. Pa en seun konfronteer hulle kwessies met mekaar en met die wêreld  - soms agter die skerms en soms voor die gehoor.
Ben se nostalgiese Elvis-uitbeelding laat die voete jeuk terwyl die konfrontasies tussen pa en seun pendel tussen komies en hartroerend.
Die regie word waargeneem deur Albert Maritz.

75 min R90 Sandbaaisaal
Ma 8 Aug 16:00 en 19:00

Hermanus Kalfiefees 2011

Donderdag 4 - Dinsdag 9 Augustus 2011.

Besprekings


Besprekings kan alleenlik by Computicket se kaartjieskantore gedoen word OF bel by die Inbelsentrum 0861 915 8000

Kaartjieverkope open Maandag 4 Julie 2011 vir die publiek en 29 Junie vir Vriende van die Kalfiefees.


BOEKBESPREKINGS

‘n Spesiale tent word vanjaar opsy gesit vir skrywers en boeke. Die Roostent sal uit die tent langs die De Wetsaal lei en bekendes kom daar oor hulle boeke gesels.

Saterdag 6 Augustus 13:00 – 14:00

  • Elna van der Merwe, redakteur van Huisgenoot se boekebylaag, gesels met Martie Retief Meiring, skrywer van Elita en haar lewe met F.W. de Klerk en meer onlangs Janie du Plessis – ‘n Keuse vir die lewe.
  • Elsabé Brits, skrywer van Kyk my in die oë en Esje du Toit, skrywer van Skoppelmaaijare praat met Petrovna Metelerkamp oor hulle lewe met bipolêre depressie.
  • Ian Smit lees voor uit sy digbundel Grenslose Verse. Trisa Hugo gesels met hom oor sy lewe as voltydse skrywer.
  • Louise Smit, bekende skepper van Haas Das en skrywer van talle kinderboeke, gesels oor Wielie Walie.


Saterdag 6 Augustus 16:00 – 17:00

  • Elzilda Becker, eienaar van De Kat vertel die suksesverhaal van ‘n Afrikaanse tydskrif.
  • Gerrit Rautenbach gesels met Gerard Scholtz oor sy bundel kortverhale, Kopreis.
  • Winnie Rust gesels met Gerard Scholtz oor haar bundel, Margie van die seminary en ander kortverhale.
  • Cas van Rensburg stel sy nuwe boek bekend: Die ware prinses in elke vrou.

Maandag 8 Augustus 11:00 – 12: 00

  • Dirk en Reinet Nagtegaal vertel van hulle lewe as skrywers en hulle boeke Kok en skinker, Abrakadabra en In limbo, waarvan hulle dogter Jackie medeskrywer was.
  • Trix Pienaar, geliefde aktrise, gesels oor haar kookboek, Kaapse Kontreikos.
  • Chanette Paul, gewilde skrywer van liefdes- en spanningsromans, vertel meer oor haar reeks Springgety, Fortuin, Boheem en Dryfhout.
  • Jan van Tonder, skrywer van Roepman, deel die suksesverhaal van sy roman en die film wat daarop gevolg het.


Maandag 8 Augustus 16:00 – 17:00

  • Murray la Vita praat met Cas van Rensburg oor sy ervarings as rubriekskrywer en sy boek Gesprekke met merkwaardige mense
  • Kerneels Breytenbach, bekende uitgewer, fynproewer en skrywer van Skoon grapboek, Die ding tussen man en vrou en 7de Laan kook gesels oor sy lewe met boeke.
  • Anna Celliers, gewilde skrywer van Tuinmaak met eie goed stel haar nuwe boek bekend: Wat kan ek plant?
  • Derrick Dickens praat met Pieter Schoombee oor sy boek An Illustrated History of the Fleet Air Arm 1938 - 2006

Read more...

OPENINGSAAND

Petronel


Die Openingsaand is ‘n Gala geleentheid met borge, gaste, gaskunstenaar , oorhandiging van vereringsteël en driegangete van die Warwick Chef School. Die gaskunstenaar is Petronel Baard. Hierdie sangeres het in 1999 die ATKV Crescendo-kompetisie gewen en later met die album, Lank Al, gedebuteer. Hierdie album is vir ‘n Suid-Afrikaanse musiekprys (SAMA) en twee Geraas-musiektoekennings benoem. Intussen het sy ook bekend geword as kabaretsangeres en vir haar aangrypende verhoogproduksies.  

Die gaskunstenaar word geborg deur die ATKV

180 min R150 Sandbaaisaal
Do 4 Aug 19:00

 

BEAUTIFUL, BEAUTIFUL PIANO

emile supernova

South Africa’s favourite pianist, Rocco de Villiers, has done it again! In March this year Rocco released a double CD of the most beautiful piano music. This is Rocco’s long-awaited big production album and it’s regarded as his best.
Where were you when you heard My heart will go on from Titanic for the first time? Can you remember the theme tune from the TV series Murder she wrote? Did you also cry when you saw the movie Forrrest Gump and do you know You raise me up by Josh Groban? These are among the jewels on the album together with an 8-minute ABBA medley, the classic Ballade for Adeline, Sleepy Shores and the Music Box Dancer.
And now you can experience it live on stage! Rocco de Villiers tells all the tales that moved him to record the tunes and he shares the memories around the music with which he grew up as a boy in the Free State.
Beautiful, beautiful – head to toe and inside out! In a world where we are constantly reminded of horror and fear, sometimes all we need is beautiful, beautiful piano music!

70 min R75 Civic Theatre / Burgersentrum
So 7 Aug 12:00

 

DIE GROOT DEBAT EN ONTBYT

“SA 2011. Hoe ontlont ons die tydbom?” As Zwelinzima Vavi van Cosatu waarsku oor ʼn tydbom, praat hy van werkloosheid en gewelddadige protes. Maar dit gaan verder. Die polisie en howe is onder druk, hospitale, skole, kragvoorsiening, water, paaie, die media, noem op. Wat staan ons te doen? Kom luister wat sê ons paneel politieke kundiges en praat saam, vanjaar in die Class Room-restaurant. Hierdie debat is elke jaar uitverkoop − bespreek gou.

120 − 150 min R110 The Class Room Restaurant, Hemel-en-Aarde-Sentrum
Vr 5 Aug 09:00

JANNEMAN

janneman

(Drama) deur Elaine Murphy

Die oorspronklike Ierse weergawe van hierdie produksie speel reeds meer as twee jaar lank in uitverkoopte teaters vanaf Dublin tot New York. Die produksie word ook beplan vir Engeland, Australië en Kanada en die eerste vertaalde weergawe van die toneelstuk is in Afrikaans! Die teks vertel die verhaal van drie generasies vroue: Karien (Sandra Prinsloo) se man het verlede jaar ‘n beroerte gehad en is nou net ‘n skadufiguur van wat hy was. Lorraine (Franci Swanepoel) se man het haar jare gelede gelos en nou sê haar sielkundige sy moet iets vir haarself doen. Ane (Hannah Borthwick) voel na nog ‘n woeste partytjie asof haar babalaas n tsumani is en sy is naar.
Vertaling en regie deur Hennie van Greunen




R90 110 min  Sandbaaisaal
So 7 Aug 10:00 en Ma 8 Aug 10:00  

 

ROMANZ

romanz

 

Die viermanskap Romanz Louis Loock, André Venter, Adam Barnard en Burgerd Botha, het sedert hulle indrukwekkende debuut by die KKNK in gewildheid so toe geneem dat hulle nou landwyd bekend is.

In hierdie vertoning word hulle wye verskeidenheid van musiek tentoongestel.

Romanz lewer bloot gehalte – getroue en meevoerende musiek met ‘n opheffende boodskap.

60 min  R90  Sandbaaisaal
So 7 Aug  20:00

 

 

BED

Bed

(Dance and Words)

This piece centres around a large double bed which highlights the recurring theme of dream vs real life.  At the same time it explores the stages of life from inception and birth to the ultimate sleep − death. The cast features Elenore Wessels, Dayne Nel and Jaconette Bothma.

This is a total theatre experience with a strong performance art slant. Movement, poetry, music and mixed media are combined to involve all the senses.
If you are interested in a Work Shop about the arts used in Bed, to be presented on Monday, 8 August, please contact Elenore at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it


60 min R75 Civic Theatre
Sa 6 Aug 14:00

DIE OLIE IN MY LAMP

DIE OLIE IN MY LAMP


DIE OLIE IN MY LAMP (Woordkuns)

In hierdie uur gaan die bekroonde skrywer Annelie Botes ʼn keur uit die aangrypende stories van haar koerantrubrieke ineenvleg en voordra by kerslig. Tussendeur gaan sy jou met nostalgiese klavierspel terugneem op paaie van lank gelede. As die olie in jóú lamp laag brand, kom haal vir jou ʼn druppeltjie wat jou straks sal deurneem na die oggend toe. Dit belowe om ʼn uur van herinneringe te wees wat nog lank in jou gedagtes sal talm. En die Ou Gryse sal daar wees met ʼn boeketafel – kom gesels ná die vertoning met hom en Annelie.

 

60 min R80 Burgersentrum
Sa 6 Aug 11:30

More Articles...

Page 1 of 2

Start
Prev
1