Boodskap van die Burgemeester

kalfiefees-hermanus
Baie welkom Kalfiefeesgenote!
June 18, 2016
kalfiefees-hermanus
Korreltjie Kantel
June 7, 2018

Boodskap van die Burgemeester

kalfiefees-hermanus.co.za

Die Kalfiefees het oor die afgelope 18 jaar ontluik as ’n teaterskat en kunsliefhebbers sien jaarliks uit na ’n ryke verskeidenheid kuns in alle vorme. Hierdie geleentheid, om ons innerlike gees met deurtastende drama, speelse komedie en meesleurende musiek te voed, word nie sommer oornag opgetower nie. Ons weet maar al te goed hoeveel uur die feeskomitee, borge en ondernemings daaraan bestee om jaar na jaar ’n Kalfiefees op die planke te bring wat keer op keer alle verwagtinge oortref en ons sê opreg dankie vir die toewyding en ywer wat hulle aan die dag lê.

Vanjaar se “spyskaart” beloof weereens ’n uitlopende verskeidenheid wat in ’n ieder en elk se smaak sal val: So is daar ’n ontbyt ter viering van Vrouedag gelyklopend met ’n pretloop getitel “Men who Care” onder aanvoering van die Hermanus Tafelronde. Overstrand Munisipaliteit is ’n trotse ondersteuner van hierdie fees en dit is vir ons ’n eer om deel te kan wees aan hierdie geleentheid waar gemeenskappe by wyse van kuns, kultuur en sport saamgesnoer word.

We are mindful of and appreciate the value art and culture add to the economic growth of our towns.

Enjoy the Kalfiefees and say hello if you spot us among the stalls or at a theatre. I look forward to meeting and chatting to you. Sit terug, ontspan, geniet die fees en kuier lekker saam in die Overstrand.
Ald Dudley Coetzee
Uitvoerende Burgemeester