Donkie

Se_groete_vir_Ma_2_600_x_400
‘Sê groete vir ma’
June 3, 2019
Bra-vades
Storm in a F cup Bra-vades
June 3, 2019

Donkie

Donkie

In Donkie ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoër­skool Hans Oosthuizen, ’n voorma­lige model C-skool.

“Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik. Mnr. Swart is ’n man onder druk. Daar was ’n berig in ’n Sondag­koe­rant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leer­ders se akade­miese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvol­gens verloor. Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse.

Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die beheerlig­gaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop.
Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend by saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel . . . Maak seker jy kry die ge­leentheid om die bekroon­de en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien in 2019!

Regisseur: Gerrit Schoonhoven
Teks: Dana Snyman
Verblyf: 138 On Marine

Booking_Button