Musiek

June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

‘Kleindorp-dromer’ Elandré Schwartz

Elandré het lank gedroom oor die dag waar sy musiek in ’n album kan pronk. Hierdie 21-jarige sanger van Despatch in die Oos-Kaap het in November 2016 die verrassing van ’n leeftyd gekry toe Selectmusiek hom by ’n regstreekse uitsending op Bok Radio ’n platekontrak aangebied het. Ná maande se harde werk is ons nou by die eindproduk. Dis ’n album wat uit drie snitte bestaan – beide in Afrikaans en Engels. Elandré se baritonstem het ’n eiesoortige rykheid en diepte, terwyl dit dikwels ook ’n indrukwekkende hoë register verken en ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus

Korreltjie Kantel

Die hartstogtelike verhouding tussen André P. Brink en Ingrid Jonker word hier in musiek uitgebeeld. Hul aangrypende briewe waarin hulle langafstandliefde verwoord is, word oorgedra deur Christine Truter en Wessel Pretorius. Liedjieskrywers Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter lewer sielvolle vertolkings van dié aangrypende materiaal.  Geen o.1 Vrydag 10 Augustus om 16:00 De Wetsaal 70 min. R130
June 12, 2016
kalfiefees-hermanus

Stellenbosch Universiteitskoor

Die US Koor is een van Suid-Afrika se mees gerekende jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Deur die loop van die afgelope 82 jaar het dié universiteitskoor die groot veranderinge in ons samelewing weerspieël en vandag is dit ’n toonbeeld van die vermoë wat musiek het om diversiteit oor alle grense heen te laat harmonieer. Ná hul deelname aan die Wêreldkoorspele in Riga in Latvia in Julie 2017, was die US Koor vir die vyfde agtereenvolgende jaar nommereen op Interkultur se ranglys van 1 000 internasionale kore. Moenie hierdie kans om die beste koor in die wêreld te hoor, mis nie! The SU […]
June 18, 2015
kalfiefees-hermanus.co.za

Corlea Botha

Corlea – die langverwagte selfgetitelde soloalbum maak uiteindelik sy verskyning, ses jaar ná die uitreiking van Wie ek is. Aanhangers kan natuurlik uitsien om die ou gunstelinge te hoor soos “Swart Koffie” en “Sonvanger”, maar saam met hierdie nuwe album kom ’n nuwe klank en voorkoms vir Corlea, asook ’n splinternuwe vertoning. As jy gedink het jy het alles van hierdie veelsydige kunstenaar gesien of gehoor, dink maar weer . . . Kom luister na musiek wat grense verskuif, buite elke boksie waarin iemand haar wou plaas Vrydag 10 Augustus om 20:00 Sandbaaisaal 70 min. R130
June 17, 2015
kalfiefees-hermanus.co.za

Elvis Blue

Elvis Blue het ’n welbekende naam as die wenner van die SA Idols-kompetisie geword wat onselfsugtig sy wengeld gedeel het met die L’loyd Cele, wat die tweede plek verwerf het. Sy eerste album, ná die wen van dié kompetisie, het binne 28 dae ná uitreiking reeds goue status bereik. Die album het ’n paar maande later platinum­status bereik en is met ’n SuidAfrikaanse musiekprys (SAMA) bekroon vir die beste volwasse kontemporêre album. Hierna het nog vele eerbewyse en SAMAS gevolg. In 2016 het Elvis ’n rekord gebreek deur sewe Ghoemas te wen, die meeste Ghoemas wat enige kunstenaar nóg gewen […]
June 17, 2015
kalfiefees-hermanus

Die groot misterie van twee vroue

TT Cloete het begin om briewe aan sy vrou, Anna, te skryf toe ’n ongeneeslike kanker in 2002 by haar gediagnoseer is. Hoewel hy hulle nooit vir haar gegee het nie, het hy aangehou om hulle te skryf tot en met haar dood in 2007 – en toe daarna, tot hy self in Julie 2015 oorlede is. Dié briewe is in 2016 gebundel in Die groot misterie van twee vroue – Briewe aan Anna en van hulle word hier voorgelees deur Carel Trichardt en Petru Wessels, wat self langer as 50 jaar getroud is. Akteurs: Carel Trichardt en Petru Wessels […]
June 17, 2015
kalfiefees-hermanus

‘Paris Amour’ Danièle Pascal

Singer, playwright, actress. Multiple award winning Danièle Pascal is one of South Africa’s leading concert artists. This ambassador of the French chanson celebrates 50 years in show business with a musical journey featuring the timeless classic French hits of Edith Piaf, Jacques Brel, Eartha Kitt, Marlene Dietrich, Frida Boccara, Francoise Hardy, and many more. A passionate, sentimental and whimsical production. She is accompanied on piano by the talented pianist Liza Joubert (Liza se klavier), a musician in a class of her own. A must see! Thursday 9 August at 20:00 Civic Centre 70 min R130