Komedies

June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Mike en Mavis – Wessel Pretorius

Mavis Kellerman is ’n weduwee wat haar van die lewe afsluit. Op ’n dag ontvang sy ’n uitnodiging na die opening van ’n nuwe bioskoop wat in klassieke flieks spesialiseer. Die eienaar is Mike Lewis, ’n eksentrieke oujongkêrel met ’n romantiese siel – en hy het ’n ogie op Mavis. Hoe nou met ’n vryery so in haar herfsjare? Wat Mavis nie weet nie, is sy en Mike deel ’n geskiedenis wat donkiejare voor die uitnodiging begin het. ’n Romantiese komedie met as’t ware ’n knop in die keel. Spelers: Wilson Dunster en Elize Cawood Regie: Gerrit Schoonhoven
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Sê my naam soos ’n Starbucks-knaap – Wessel Pretorius

Annetjie “Vleis” de Vries sit op die lughawe en wag vir haar vlug na Amsterdam. Sy het nou genoeg gehad van haar lewe as die oudste van 13 kinders, wat sy alleen moet oppas, aangesien haar suiplap-pa net mooi boggerôl omgee. Met haar troetelmarmot aan haar sy, wil sy ’n nuwe blaadjie omslaan in Europa en haarself bietjie begin eerste plaas. Laat Annetjie jou meer vertel van haar beste vriend Sarel Meintjies, haar rampspoedige matriekafskeid en die Starbucks-kelner wat haar hart omgedop het. ’n Solovertoning met hart, murg en artisan-koffie, van dié Binneland-aktrise. Geen o.14 (T) Akteur: Je-ani Swiegelaar Regie: […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Manne – Chris Vorster

’n Spul vriende herenig vir ’n jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne. Slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise, die jagters van die prooi. “Ja, manne, alles is snaaks tot iemand seerkry . . . dan is dit nie meer snaaks nie . . . dan is dit skreeusnaaks.” Komedie, spanning en drama is aan die orde van die dag in hierdie produksie. Beter waarde vir jou geld as ’n tros piesangs . . . gewaarborg! ’n Lokettreffer by […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

‘State Fracture’ by Mike van Graan

From the creative team that brought you Pay back the curry comes the satirical, multi-sketch sequel, State Fracture (Standard Bank Ovation Award winner, National Arts Festival). With a country that keeps giving, be prepared to laugh, to think and be blown away by the multi-award winning performance of Daniel Mpilo Richards. “A hard-hitting and incredibly well performed satirical comedy, sparing no-one, from Zupta to Zille. There’s so much talent here — superb acting and a phenomenal script make it fully deserving of its standing ovation.” — Cue, National Arts Festival. Artist: Daniel Mpilo Richards Director: Rob van Vuuren Script: Mike […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Lag ’n slag – Elsabé Aldrich

Pretprater en motiveringspreker, Elsabé Aldrich, se guitige manier van kyk na die lewe en menswees maak dat sy al vir 21 jaar landwyd en in Namibië gehore laat skater en tegelykertyd leer. In haar praatjie, Lag ’n slag, ondersoek sy die genesende krag van humor om ons te bevry uit “papgeklaptheid” en deel sy warm wenke uit oor hoe ons verhoudings innig en sprankelend kan hou. Sy reken ons het ’n keuse tussen “triomfantelikheid” en “treurkoeklikheid”. Kom geniet haar vrouewysheid en voel hoe die sorge van die lewe minder skaaf. Saterdag 11 Augustus om 13:00 Burgersentrum 60 min. R120
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus

Lottering at Kalfiefees

One of South Africa’s favourite comedians, Marc Lottering, performs at the Kalfiefees for the first time on Saturday 11 August. Fans can expect to hear his outrageous views on a wide range of topics, including French polony, life insurance and amnesia. In the funny business for 20 years, Lottering continues to keep audiences in stitches all over the country. Lottering at Kalfiefees is not suitable for children. Saturday 11 August at 16:00 Sandbaai Hall 60 min R140
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za/

Operasie Holm – Marion Holm en Chris Vorster

Marion Holm en Chris Vorster het nog ’n jaar oorleef en deel dankbaar en heel plesierig die lesse, lawwigheid en lollery wat die jaar meegebring het. Holm kan steeds nie bekostig om twee of meer akteurs te gebruik nie, so sy speel weereens al die rolle self. In die verbygaan verwys sy ook na ander rolle . . . As jy graag iets ontstellend maar ernstig wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ’n klein bietjie wil dink – kom kyk gerus! Akteur: Marion Holm Regie: Chris Vorster Vrydag 10 […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus

3 Susters… Louis Pretorius

Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en mawees. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaardag en dis die tweeling se verjaardaggeskenk aan haar. Waarom moet Anel en Bianca altyd inmeng? ’n Bord soesji sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy is bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe, want hier sit hulle nou. Die vlug is vertraag en […]