Drama

June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Manne – Chris Vorster

’n Spul vriende herenig vir ’n jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne. Slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise, die jagters van die prooi. “Ja, manne, alles is snaaks tot iemand seerkry . . . dan is dit nie meer snaaks nie . . . dan is dit skreeusnaaks.” Komedie, spanning en drama is aan die orde van die dag in hierdie produksie. Beter waarde vir jou geld as ’n tros piesangs . . . gewaarborg! ’n Lokettreffer by […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Moerkoffie is Boeretroos – Karen van Biljon

Op die kleine dorpie Smartfontein het alle geluk oornag verdwyn. Op hierdie eens voorspoedige dorp is almal nou in armoede gestort. ’n Dorpie geleë onder die windpomp se weë. Dit is nie net Kaapstad wat onder ’n waterkrisis gebuk staan nie. Hoe ver moet die inwoners van ’n dorp gaan om hulle behoud te verseker? Een oplossing is om nog etlike windpompe op te stel, is dit dan nie? Ná verskeie pogings om nie net hulle soetwater terug te bring nie, maar ook te verseker die dorpie se toerisme gaan nie onder die verknorsing lei nie, word die hulp van […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Weerkaats – Retief Scholtz

Dié stuk handel oor spyt en die gevolge van keuses. Vyf vroue beleef, onafhanklik van mekaar, ’n oomblik van nabetragting en oordenking. Een gee haar aan drank oor en ’n ander oorweeg om van ’n brug af te spring. Elkeen worstel met die gevolg van ’n keuse. “Ek is hier op die brug in Kaapstad wat sommer net so stop, êrens het iemand ’n fout gemaak. Iewers is iets verkeerd beplan. Daar was tog seker ’n doel, ’n gelukkige einde, wat halfpad onduidelik geraak het . . . nes die brug.” Akteur: Milan Murray Regie: Philip Rademeyer Geen o.10 (T) […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Soebatsfontein Annemarie van der Walt

Wat is die band wat vriendinne met mekaar smee wat alle aanslae kan oorleef? En hoe broos, hoe taai is daardie verbintenis en wat is elkeen bereid om op te offer vir die ander een? Katrien en Emma, vriendinne deur dik en dun, is op ’n padreis deur die afgeleë binneland. Die agterpaaie bring gedeelde herinneringe mee, maar skud ook mettertyd ’n verbloemde fyn venyn los. Wanneer die deurslot van ’n afgeremde hotelkamer op Soebats­fontein breek en hulle binne vasgekeer is, kom dit wat deur die jare ongesê gebly het, ter sprake en moet albei aan mekaar erken: “Dít het […]
June 7, 2018
kalfiefees-hermanus.co.za

Die reuk van appels – Mark Behr

Dis die somer van 1973. Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Apartheid floreer en onrus broei op die Angolese grens. Die 11jarige Marnus leer wat menswees en manwees beteken. ’n Skokkende ontdekking kneus sy onskuld en verander sy lewe onherroeplik. En aan alles kleef die reuk van appels . . . Mark Behr se opspraakwekkende roman kry aangrypende gestalte in dié soloproduksie. Gideon Lombard is by die KKNK 2017 met ’n Kanna-prys bekroon as beste akteur. Daarna het twee Aardklop-pryse gevolg (beste akteur en beste regisseur) en ’n Fleur de Cap-teaterprys. Resensente het die stuk geloof as […]