Boekbesprekings

June 3, 2019
lien-botha

Lien Botha

Lien Botha is bekend vir haar fotografiese werk wat dikwels met teks gemoeid is. Sy is in Pretoria gebore en getoë, het tale studeer aan die Universiteit van Pretoria en in die vroeë 1980’s as persfotograaf by Beeld gewerk. Sy verwerf later ‘n Visuele Kunste Graad aan die Universiteit van Kaapstad. Sy word bekroon as Standard Bank Jong Kunstenaar vir Visuele Kuns in 1997. Haar debuutroman, WONDERBOOM is die resultaat van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns, wat sy in 2014 onder leiding van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het. Saterdag, 25 September – 09:00 – 10:00 […]
June 3, 2019
Petrovna

Petrovna Metelerkamp

Petrovna Metelerkamp is ‘n skrywer en die afgelope twintig jaar uitgewer by Hemel & See. Sy publiseer veral Afrikaanse boeke. Vir haar biografie van die digter Ingrid Jonker, uitgegee deur Penguin Random House, het sy in 2019 ‘n ATKV-Veertjie gewen en vir die Rapportprys vir nie-fiksie was sy een van drie finaliste. Verlede jaar het sy haar biografie van die digter Jeanne Goosen – ‘N LEWE VOL SINNE – en twee nuwe boeke deur Goosen gepubliseer. Vanjaar veskyn ‘n rare tweeluik wat sy saamgestel het in een band: SNEEU IN DIE KAROO, ‘n novelle deur Jeanne Goosen, en AGNES SE […]
June 3, 2019
Marilyn

Chanette Paul – “Marilyn” as een van ’n trilogie

Chanette Paul word nomadies groot. Sy woon nege skole by en studeer aan vyf universiteite. Deesdae pendel sy tussen haar oewerhuisie in Stanford en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Sy is ’n katliefhebber en leesvraat, ’n onbehendige, maar ywerige tuinier en ’n hopelose kok. Stories is egter haar groot passie. Sedert 1995 publiseer sy in ’n verskeidenheid genres en ’n hele paar van haar boeke is bekroon. Ná die verskyning van die Vywervrou-trilogie, bestaande uit LIRA, MIRRE en CORALI, vra lesers haar vir ʼn opvolg. MARILYN is die resultaat hiervan en Chanette se agt-en-veertigste boek. Vrydag, 24 […]
June 7, 2018
OmslagVerevrou

Jan van Tonder – “Verevrou”

Jan van Tonder het sy eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf. Sedertdien het hy ‘n bundel kortverhale oor daardie skemerwêreld die lig laat sien, asook vier romans, ‘n koffietafelboek oor die Klein Karoo, verskeie tydskrifverhale, asook sketse en radiodramas. Sy roman IS SAGIE was twee jaar agtereenvolgens naaswenner van die ATKV-prys terwyl DIE KIND vir die M-net prys en FAK-pryse bekroon is. Van Tonder het ook ROEPMAN geskryf, wat sy derde druk beleef en wat verfilm is, asook die jongste, VEREVROU. Vrydag, 24 September – 14:30 – 15:30 Incanda – R10 by die deur