Boodskap van die voorsitter

Koos_Kombuis
Koos Kombuis
June 3, 2015
Dudley_Coetzee
Boodskap van die Burgemeester
June 19, 2016

Boodskap van die voorsitter

Kalfiefees 2021

Hoe wonderlik is dit om weer fees te kan vier na ‘n jaar waarin die teaterligte gedoof was!

Hierdie jaar is die 21ste herdenking van die Kalfiefees. Dankie aan al die borge, donateurs en teatergangers vir u volgehoue ondersteuning.
Borge en besighede wat hulle harte oopmaak en die Kalfiefees ondersteun dra by tot die ekonomiese insette wat die Kalfiefees jaarliks aan die Overstrand en Walvisroete bring.

Feesgangers kan uitsien na uitstaande teater- en musiekproduksies. Dit spyt ons dat daar hierdie jaar geen afsonderlike kunsaanbieding sal wees nie, maar die gewilde Hermanus Art Walk sal elke aand gedurende die feestyd oop wees.

Baie welkom aan al die kunstenaars wat hul beste produksies van elders in die land na Hermanus bring.
Of dit nou jou eerste Kalfiefees is, of nie, geniet die feesprogram, die walvisse en die wonderlike
gasvryheid van Hermanus met sy uitstaande restaurante en verblyfplekke.

My wens is dat almal ‘n wonderlike Kalfiefees 2021 beleef. Onthou om jou masker te dra en afstand te hou.

Sien jou in die voorportaal!

Jimmy Hattingh
Voorsitter – Kalfiefees

Ontmoet die komitee

Die Kalfiefees-komitee het weereens die ekstra myl geloop sodat alles goed afloop. Agter is Peter van Schaik en Jimmy Hattingh. Voor is Mari Nel, Anna Spaarwater, Cornel Janse van Vuuren en  Louise van Zyl. Afwesig: Thys Sutherland, Hester Finberg.