Amanda Strydom in konsert

Liegbek
Musiek en kulkuns – Liegbek / Lies of the mind
June 3, 2019
Simply_Blue
Simply Blue
June 3, 2019

Amanda Strydom in konsert

Amanda_Strydom_in_konsert

Amanda Strydom is volksbesit. Die erepen­ning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns is in 2012 aan haar toegeken en Kunste Onbe­perk het haar vanjaar vir haar lewens­bydrae tot musiek vereer.

Haar 2018 produksie, Stadig oor die klippers, het vanjaar die Fiësta-prys verower vir beste musiekproduksie. Sy vier vanjaar ook haar 40ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Amanda Strydom in Konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans, Engels en Nederlands. Sy weef stories en poësie tussendeur die mu­siek en dek die hele spektrum. Strydom word begelei deur die briljante Coenraad Rall.
Verblyf: Misty Waves

Vrydag 9 Augustus 20:00
Sandbaaisaal, R150, 90 min.

Booking_Button